Alexios I Komnenos

Alexios I Komnenos
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Portret van keiser Alexios I, uit ’n Griekse manuskrip.
’n Portret van keiser Alexios I, uit ’n Griekse manuskrip.
Bewind 1 April 1081[1] - 15 Augustus 1118
Dinastie Komnenos
Gebore Omstreeks 1048
Oorlede 15 Augustus 1118 (op 69 of 70)
Voorganger Nikephoros III Botaneiates
Opvolger Johannes II Komnenos
Vrou Irene Doukaina
Vader Johannes Komnenos
Moeder Anna Dalassene

Alexios I Komnenos of Comnenus (Grieks: Ἀλέξιος Κομνηνός, omstreeks 1048 tot 15 Augustus 1118) was van 1081 tot 1118 keiser van die Bisantynse Ryk. Hoewel hy nie die stigter van die dinastie was nie, was dit tydens sy bewind dat die Komnenos-dinastie op sy magtigste was. Hy het ’n ineenstortende ryk geërf en was deur sy hele bewind in oorloë betrokke met die Seldjoekse Turke in Klein-Asië en die Normandiërs in die Wes-Balkan. Hy kon egter die verval van die Bisantynse Ryk omkeer en het verskeie hervormings ingestel wat tot die militêre, finansiële en territoriale herstel van die ryk gelei het. Sy oproepe om hulp aan Wes-Europa teen die Turke kon ook gehelp het om die Kruistogte op die been te bring.

  1. "Alexiad", 2.10

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search